Saturday 16 November 2013

GEMMERVARKRIB

HEERLIKE GEMMERRIBBETJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/11/gemmervarkrib.html

*Foto Helena*

3kg Varkribbetjies
Sous:90ml Sojasous
90ml Tamatiesous
45ml Water
45ml Bruinsuiker
10ml Fyn Gemmer
20ml Sweet-chilli sous
Geurmiddels:
30ml suiker,
3ml sout,
2ml paprika,
2ml borrie,
 knippie droe mosterd.
Meng al jou best. van jou sous en laat dit oornag staan. Meng nou jou geurmiddels en vryf dit oor jou rib en laat dit so 2h staan. Smeer nou jou sous lekker oor jou rib en laat dit so n 30-40min. marineer. Braai stadig oor lekker kole of bak dit in die oond. Smeer kort kort van jou lekker sousie oor!!!Baie lekker dit belowe ek julle..Helena* Lekker Resepte vir die Jongergeslag

No comments:

Post a Comment