Wednesday 20 November 2013

VISKERRIE


VISKERRIE
*KUIERKOS WEG*
Vir 6 mense
Is jy uitgeëet aan vleis en pluimvee, maar nog nie heeltemal ’n vegetariër nie? Probeer dan hierdie visnommer.
4 uie, in fyn skywe gesny
4 eetlepels botter (of verhelderde botter)
1 eetlepel sonneblomolie (of 1 eetlepel verhelderde botter)
1kg visfilette, ontvel en in groterige blokkies gesny (bevrore stokvisfilette sal deug)
1 eetlepel vars gemmer, gerasper
4 knoffelhuisies, fyngedruk
3 ryp tamaties, geskil en fyngekap
1 kaneelstokkie
6 kardemompeule, gekneus (sodat die sade die gereg kan geur)
1½ teelepel borrie
1 eetlepel kerriepoeier
6 middelslag-aartappels, geskil, halfgaar gekook en in kwarte gesny
sout na smaak
1 teelepel garam masala (’n klaargemaakte speserymengsel)
koljanderblare (opsioneel)
Braai die uie in die botter en olie. Sodra die uie begin sag word maar nog nie verkleur het nie, voeg die blokkies vis, gemmer en knoffel by.
Voeg die tamaties, kaneel, kardemom, borrie, kerriepoeier, aartappels en sout by. Roer alles goed deur, bedek en laat dit vir sowat 10 minute prut. Indien nodig, voeg ’n paar eetlepels water by – selfs meer.
Sodra die aartappels gaar en die vis net-net deurgekook is, voeg die garam masala en ’n handjie vol koljanderblare by.
Maak seker die viskerrie gereg het genoeg sout na jou smaak, en skep op.
WENK sit die viskerrie voor met basmatirys, asook ’n vrugtige blatjang, opgesnyde agurkies,* Resep>Kerneels Breytenbach>Foto>Henrique Wilding*Lekker Resepte vir die Jongergeslag

No comments:

Post a Comment