Tuesday 12 November 2013

GRENADELLA SMEER

                                                        Foto:Wilna Dorfling


GRENADELLASMEER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/grenadella-smeer.html

Heerlike vulsel vir doppies, laagkoek of tert. Dit is ook heerlik op skons, en in mooi flessies is dit ‘n pragtige geskenk


Halveer 12 grenadellas en skep die vleis uit.
Klits 3 eiers goed in die boonste deel van ‘n dubbel kstrol.
Voeg die grenadellavleis, 200g wit suiker en 50g botter by.
Roer die mengsel deurentyd oor stadige kokende water tot dik.
Bottel die smeer warm en verseel dit wanneer koud.
( "Lekker vir later")*Wilna Dorfling* Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment