Monday 17 February 2014

BEESSTERT / OXTAIL



Die beesstert wat Chinees kan praat 

HUISKOK
Twee beessterte, in stukke gesny (sowat 2.25 kg)
Sout en peper
30-60 ml sonneblom- of canola olie
125 ml Chinese kookwyn (Shao Xing) of droë sjerrie
125 ml donker sojasous
25 ml bruinsuiker
2-3 steranys, in stukkies gebreek
4 grasuie, in 2cm stukkies gesny, plus ekstra vir opdiening
6 skyfies vars gemmer
3 knoffelhuisies, geskil
1 lemoen

Metode:
Voorverhit oond tot 150°C. Sny oortollige vet van die vleis af en druk droog. Geur vleis liggies met sout en heelwat growwe peper. Verhit 30 ml kookolie in ‘n vuurvaste oondbak. Braai vleis in sarsies bruin, voeg nog olie by indien nodig. Haal uit en hou eenkant tot al die vleis gebraai is.
Gooi oortollige vet uit die bak uit, voeg kookwyn of sjerrie by en bring tot kookpunt. Skraap al die bruin stukkies van bodem en kante af. Meng sojasous en suiker met 2 koppies water en gooi in die bak. Voeg steranys, grasuie, gemmer en knoffel by en bring tot kookpunt. Haal van die plaat af.
Skil 6 groot stukke lemoenskil af met ‘n aartappelskiller. Hou die orige lemoen vir later. Sit vleis en lemoenskil in die oondbak, plaas ‘n klam vel bakpapier bo-oor en sit deksel op. Bak 1½ uur.
Draai vleis om, bedek weer en bak nog 1½ uur of tot baie sag. Plaas vleisstukke in ‘n bak en gooi die sous deur ‘n sif in ‘n beker. Laat sous en vleis afkoel, bedek en hou oornag in die yskas.
Volgende dag: opwarming en opdiening:
Voorverhit oond tot 150°C. Verwyder al die vet wat bo-op gevorm het. Plaas beesstert in ‘n enkellaag in ‘n oondbak.
Verhit sous in ‘n kastrolletjie en giet oor die vleis. (Vir ‘n dikker sous, verdik met beurre manié, ‘n degie van ewe veel sagte botter en meel). Sit deksel op en bak 30 minute. Roer die vleis deur. Draai hitte op na 200°C en bak nog 30 minute. Draai vleis halfpad om sodat dit goed met sous bedek is.
Opdiening: Giet uitgedrukte lemoensap oor en roer deur. Strooi gesnyde sprietuie oor en bedien. Dis lekker op die ou manier met stampkoring of gort en gestoofde droëvrugte.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/beesstert-oxtail.html


 

                                                                 16/5/2014

No comments:

Post a Comment