Monday 17 February 2014

STEAK IN 'N JASSIE


TENDERISED STEAK IN ‘N JASSIE
Rencia Odendaal Pretorius
Steak – gooi bietjie wostersous oor en laat le so vir 10 minute. Gooi sout en peper oor na smaak
Meel – Meng jou  speserye bv bbq – texan steak spices ens  in by die meel en sit in ‘n bak
Eier – klits en sit apart in ‘n bak

Metode:

Druk jou vleis in die meel, dan in die eier en dan weer in die meel
Plaas in die yskas. Laat rus vir so 20 min in die yskas sodat die eier kan stol (dit help dat die degie nie afval nie)
Panbraai dit in vlak olie – die steak moet net so effe in die olie le – vir net ‘n paar minute tot gaar. Dit moet nog pienk in die middel wees.  Jy gaan basies die steak braai aan die 1 ste kant vir so 3 minute – omdraai en weer vir so 2/3 minute.

Bedien met mayo mash, ertjies, mengelslaai en soetpampoen. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/steak-in-n-jassie.html

No comments:

Post a Comment