PLAATKOEKIE-STOKKIES MET KANEEL:
[SARIE - FOTO: Estvan Vermeulen]
Hierdie stokkies is ietwat meer moeite, maar dit is beslis die moeite werd!
genoeg vir 4
BENODIG:
1 boks met plaatkoekie-mengsel (asook benodigdhede soos op boks aangedui)
40 ml botter
60 ml kaneelsuiker
15 klein stokkies (of gehalveerde sosatie-stokkies)
100 g witsjokolade, gesmelt
MAAK SO:
Maak plaatkoekie-mengsel aan volgens aanwysings op verpakking. Verhit
pan met botter en braai groot plaatkoekies tot goudbruin. Plaas
plaatkoekies op bord en strooi dadelik kaneelsuiker oor om effens te
smelt.
Sny plaatkoekies in sowat 3 – 4 repies. Rol elke repie op en
steek vas met ’n stokkie. Plaas al die plaatkoekie-stokkies op ’n
opdienbord en versier met gesmelte witsjokolade.
Geniet terwyl dit warm is.* Kos vir kampeerders met idees vir kampering*28/5/14 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/plaatkoekie-stokkies-met-kaneel.html
No comments:
Post a Comment